Diatoms Rolmateriaal
Diatoms Rolmateriaal - Agri Silica SA versprei die produk in ooreenkoms met DFL vir die eksterne aanwending by wild, beeste en perde - die diere rol self in die produk waar dit uitgestrooi is.
Beesboere en perdeboere hoef nou nie meer moeite te doen om te dip of te spuit nie.
Diatoms Rolmateriaal word in die kraal op die grond uitgegooi en diere sal mettertyd self in die produk gaan rol en dit opskop.
Dit veroorsaak 'n diatome omgewing wat eksterne parasiete by die diere aanspreek.
Die wildboer gebruik ook Diatoms Rolmateriaal vir die eksterne behandeling van wild in areas waar die wild baie voorkom, soos naby watergate. Die wild sal mettertyd vanself in die produk rol en dit opskop. Dit veroorsaak dat Diatoms Rolmateriaal aan die wilde dier se vel vasklou. Dit spreek dan eksterne parasiete by die wilde dier aan wat andersins onmoontlik sou wees.
Diatoms Rolmateriaal beteken baie vir die boer omdat dit nie weerstand opbou nie.
Hierdie produk het ook 'n organiese sertifisering behaal. Dit beteken dat die beesboer, perdeboer en wildboer nou vir die eerste keer van 'n natuurlike produk gebruik kan maak.
- Aanwending: Perde en beeste benodig ongeveer 500kg, nl. 400kg in kraal en 100kg by die hekingang, opghang in goiingsakke waarteen die dier met die verbybeweeg kan skuur. Vir wild word ook 500kg benodig, uitgestrooi oor 'n area van 4mx4m in die kamp.
- Reën beinvloed nie die produk nie.
- Kan ook aangewend word waar geteel word met roofdiere soos leeus en jagluiperds.