Wie ons is
Agri Silica SA gestig in 2008
Agri Silica SA is deel van 'n gevestigde onderneming wat onder andere vir die laaste 9 jaar kunsmis produkte aan die mark lewer onder die handelsnaam Solfos. Dieselfde onderneming vervaardig ook dierevoeding onder die handelsnaam Fostec. Die produkte Fostec P6 en Fostec P12 is reeds goed beproef in die mark en volgens getuienisse vaar die diere uitstekend op die produkte. Tans is hierdie produkte die eerste op die Suid-Afrikaanse mark wat diatomiet bevat as deel van 'n geregistreerde formule. Hierdie tegnologie is ingesluit in die formule, as organiese oplossing vir inwendige gesondheid. Diatomiet verbeter ook voedselvertering en die opname van belangrike spoorelemente soos Fosfaat en Kalsium.
Meer oor Diatomiet...
Die bemarkingsveldtog van Diatoms for Life het ook die produk Fostec P6 landswyd gevestig by al die KLK takke van die Noord-Kaap.
Agri Silica SA is gevestig in 2008 met die oogmerk om Silika-bevattende produkte te ontwikkel, te verpak, te bemark en te versprei.
Vir meer inligting sien ons produkte blad.